Welkom By SM 2018

Welkom by Sariemarais.com

(Omdat die webblad so groot is maak baie skakels in hulle eie blad oop)

ledeHet u geweet dat 'n aap in die Suid-Afrikaanse weermag bevorder is tot die rang van Korporaal en ook vereer was met 'n medalje? Dit is net een van die interressante feite waarop ek afgekom het terwyl ek die nuwe webblad gebou het. Lees HIER meer daaroor.

Welkom by Sarie 2011. Na 3 jaar se navorsing en bou is ek uiteindelik gereed om die nuwe webblad op te laai. Omdat die webblad so groot is maak baie van die afdelings in hulle eie vensters, of afsonderlikke webblaaie oop.

Baie dankie aan almal wat inligting, resepte ens gestuur het. Indien u enige spel, of ander foute sien Kontak my asb sodat dit reggestel kan word.

1) Die doel van hierdie webblad is om Afrikaans te bevorder en om die Suid Afrikaanse en Boere / Afrikaner kultuur te geniet en met ander te deel.

2) Om ons verlede te onthou.

3) Om ons kinders, veral die wat in die buiteland woon, van ons taal, geskiedenis en kultuur bewus te maak en hulle trots te maak op wie en wat hulle is.

4) Om praat, skryf en lees in Afrikaans te stimuleer.

5) Om Suid-Afrikaners bymekaar te bring waar ookal in die wêreld, saam te lag, dans, speel, help en huil wanneer nodig.

6) Ons Geselsforum is kindervriendelik en ons kinders hou dus met mekaar kontak terwyl hulle by hulle maats leer van hoe dit regtig is om in 'n ander land te woon, terwyl hulle  in Afrikaans skryf, lees en praat.

Radio Sarie

Radio Sarie was die eerste Afrikaanse internet radio stasie wat gebruik gemaak het van lewindige uitsendings en ook omroepers gebruik het. Daar was wel ander stasies waar daar na musiek geluister kon word, soos Radio Kierieman. Die eer vir die eerste Afrikaanse radio stasie kom hulle dus toe.

Radio Sarie se omroepers is wêreldwyd versprei en sorg vir die puik programme wat daagliks gehoor kan word.

Die radio word gebruik as ekstra vermaak saam met die gesels op ons forums. Die omroepers is dan ook in kontak, en gesels saam op die forums terwyl hulle die program aanbied, alles word dus saamgevlans in een groot bondel pret.

Daar is daagliks meer en meer Suid Afrikaanse kunstenaars en plate maatskapye wat hulle gewig agter ons gooi en help bou aan Sarie Marais. Com en Radio Sarie. Kyk gerus na Radio Sarie se blad vir meer inligting.

Die nuwe Radio, Sarie FM en gesels Forum.

Ek het die forum en radio 'n jaar of wat gelede gestaak om my kans te gee om hierdie webblad klaar te bou, ons begin dus nou van voor af om die forum en radio stasie op te bou, kom sluit gerus by ons aan en deel in die pret.

SM TV

Ons eie Afrikaanse tv kanaal. Soos al die ander dienste wat Sarie Marais.Com u bied is hierdie ook gratis. Besoek gerus ons TV blad vir program inligting.

 

  • Luister Na Radio Sarie
  • Ons Video
  • Laai ons resepteboek af
  • Overvaal Stereo en veral Melanie von Steen en Morne Geyser onderteun ons al van die begin af. Dankie julle.