Baba
VIR BABATJIES WAT KRAMPE EN WINDE HET.
1 Botteltjie krampdruppels
1 botteltjie interesdruppels
1 botteltjie versterkdruppels
1 botteltjie wonderkroon
1 botteltjie balsem vita
Maak ‘n lepel suikerwater aan en sit van elkeen ‘n druppeltjie in die suikerwater – tot 2 druppeltjies as hulle ouer as 6 maande is.
BABATJIE SLYM OP BORSIE
1 teelepeltjie gesmelte botter.
Vryf borsie daarmee in.
Woelige babas
Ek het 'n baie oulike raat vir kinders (babas tot omtrent 10 maande oud) wat baie woelig is in die aande en wat nie tot ruste wil kom nie.
Dit werk veral goed vir koliek babas.
Jy benodig :
Lennon se Entresdruppels,
Lennon se Wonderkroon en
Lennon se Rooilafentel.
Krampwater.
Jy maak dit as volg aan :
1 druppel van al die Lennon produkte vir elke maand wat die baba oud is met genoeg krampwater om die bitter smaak weg te neem.
Baba se brandboudjies:
Wit van een eier - liggies geklits.
Maizina - gooi in leë babapoeierblikkie
Smeer eierwit aan met watter en strooi maizina - doen dit met elke doek
wat omgeruil word. Dit vorm 'n skilletjie op die boudjies.
Of
Maak ‘n oplossing van 1 teelepel koeksoda in 1 koppie water
en vee die boudjies met ‘n watte wat in die oplossing gedoop is.
Of
As baba se boutjies brand of ‘n rooi uitslag het dan smeer
jy elke keer wat jy die doeke omdraai die boutjies met magnesia
Baba Tande Sny
Smeer heuning op baba se tandvleisies as dit tandekry tyd is…dit help
om die seer te doof en hou die baba kalm.
Bedsere
Neem 'n potjie Prep (skeerroom) en meng dit baie goed met 'n botteltjie Turlington. Smeer hierdie mengsel twee keer per dag sommer lekker dik aan. (Hierdie raat werk ook vir ander sere wat sukkel om gesond te word)
Of
Neem die wit van 'n eier en brandewyn, roer dit goed en susses
dit aan. Skoon brandewyn is ook goed. Smeer dit eike aand aan.
Of
Laat die pasiënt op 'n gelooide vel Iê.
Of
Gooi bietjie brandewyn op kweperpitte en laat ‘n rukkie staan tot dit‘n jellie vorm. Smeer die pasient met die jellie.
Of
Klits die wit van 1 eier en sit brandewyn by en smeer die plekke.
Benoude Bors
Sit kanfer In 'n pan, gooi soetolie daarop, maak dit goed warm
en sit dit op die bors.
Of
Smeer ongebleikte linne met bokvet, strool skoorsteenroet
daarop en sit dit op die bors.
Of
Neem kamfer en sit dit tussen die skouers
Of
As iemand 'n toe of benoude bors het (bv iemand wat aan asma ly) en jy het nie een of ander asmapompie byderhand nie, verrig 'n koppie baie sterk swart koffie feitlik onmiddellik wondere. As ek bedoel sterk, bedoel ek so 3 opgehoopte teelepels koffiepoeier. Jy kan wel suiker ingooi as jy wil. Die kaffein in die koffie maak jou lugweë feitlik onmiddellik oop.
Beroerte
Tee voorkom die opbou van vetneerslae op aarwande
Of
1 groot mespunt Engelse sout, 1 groot mespunt rool poeier.
Gee die pasiënt dit in.
Of
Hou die voete tot aan die kniee in 'n mostertbad.
Of
Gooi kookwater op 'n handvol rou koffle en laat dit trek.
Drink 3-maal op 'n dag.
Of
Gooi ‘n mespunt droe mosterd in ‘n glas water en meng. Laat die
pasient 2 mondevol drink en gebruik die res om die kop nat te maak.
Of
Gooi 2 koppies kookwater op 1 koppie rou koffiepitte. Laat dit
stadig prut tot sterk of vir 15 minute lank. Gee dadelik vir die pasient die
helfte om te drink..and dan na 4 ure weer die ander helfte. Herhaal daagliks
tot die aanvalle stop.
Of
Neem dadelik 'n bottel asyn en maak sy kop nat met die asyn…gee
ook 'n lepel asyn in.
Of
Trek 7 rou koffiepitte in kookwater tot mooi groen en gee vir die
pasient om te drink
BLAAS, NIER, NIERSTENE, ENS.
Meng saam:
1 Botteltjie haarlemensis
1 Botteltjie swawel balsem
1 botteltjie balsem kopiva.
Drink 12-15 druppels op melk of suiker. Verkieslik in die aand.
Of
1 Botteltjie halemens druppels
1 botteltjie witdulsies
1 botteltjie terpentyn
1 botteltjie balsemsulphirus
1 botteltjie olyf olie.
Alles gelyke dele – meng goed en drink 1 teelepel vol 3 maal per dag.
Blaasinfeksie
Neem twee teelepels kaneelpoeier en een teelepel heuning in 'n glas low warm water. Dit vernietig kieme in die blaas.
Of
n Bietjie koeksoda in gekookte water help vir blaasontstekening.
Bloedarmoede
Twee groot rou beet, grof gerasper in 'n glasbak. Giet 'n bottel Port daaroor.
Voeg een botteltjie LENNON VERSTERKDRUPPELS daarby Laat staan oornag om te trek.
Gooi deur doek en bere vloeistof in yskas.
Drink 3 keer per dag 'n kwart koppie vol
.
Party resepte gebruik MILK STOUT (bier) in plaas van Port.
Ander gebruik LENNON STAALDRUPPELS in plaas van Versterkdruppel
Of
Drink ‘n koppie suikerwater as jy aan bloedarmoede ly.
Of
Eet rou lewer
Of
Eet rou beet.
Bloeddruk
Trek 'n takkie wynruit in kookwater vir 5 minute en drink die tee vir hoë bloeddruk. Moet egter nie gebruik as jy dalk allergies is vir die plant nie, en ook nie te gereeld nie. Dit bring die bloeddruk baie vinng af.
Indien jy wel die raat nodig het, probeer dan liewers om die tee te maak met roosmaryn blare. Dit stabiliseer die bloeddruk, (hoog of laag).
Of
Deur gereeld piesangs te eet wat laag is in sout kan dit help om jou
bloeddruk te reguleer.
Of
Hoë bloeddruk…Drink op jou nugtermaag 1 eetlepel heuning in 1 koppie
kookwater. Drink elke oggend vir 14 dae en slaan dan 8 dae oor en herhaal die
dosis. Doen dit vir 3 maande.
Of
Maak vir jou ‘n toebroodjie van knoffel en eet dit as jy
voel jou bloeddruk is te hoog.
Lae bloeddruk
Soggens op jou nugtermaag..en saans voor jy gaan slaap
dan neem jy ‘n mespunt rooi poeier en sit dit op jou tong….sluk weg met ‘n
bietjie water. Hou aan hiermee tot jy beter voel en hou dan op.
Of
Swart stringe liquorice. Dit werk beter as enige
medisyne!
Bloeding
Sit terpentyn op die wond.
Of
Die voering van 'n ou hoed Is ook bale goed om op die wond te sit.
Of
Gooi 'n hele klomp peper op snywonde wat nie wil ophou bloei nie. Die peper laat die bloed stol en dit brand nie.
Of
Druk tabak in die wond in om bloeding te stop.
Bloedsuiker
Brokkoli en grondboontjies. Die chroom beheer die insullien en bloedsuiker
Bloedvinte
Maak ‘n pasta van witbrood en warm water. Sit die pasta so warm as moontlik op die swere.
Of
Drink op jou nugtermaag 5 druppels staaldruppels op 1 teelepel suiker…of in ‘n bietjie melk. Herhaal vir 1 week elke oggend.
Of
Gooi 5 druppels jodium in 1 glas water en drink op jou nugtermaag. Dit sal die bloedvint sommer laat opdroog.
Of
Krap sunlight seep om 1 eetlepel vol te maak…sit nou bietjie suiker by en laat die een wat die bloedvint het bietjie spoeg bysit. Meng goed
en sit op die bloedvint en sit pleister oor om dit vas te hou. Laat dit net daar…dit trek taamlik kwaai…maar die bloedvint is gou ryp en oop
Bloedklonte
'n KLEIN bietjie kaneel in warm water elke dag werk wonders. Kaneel is soos die natuur se disprin. Dit verdun die bloed.
Vir hoë bloeddruk
Of
Die asyn sous van gebottelde beet werk wonders! So lepel elke dag
Of
As ‘n moeder wat borsvoed ‘n klont kry moet jy koolblare in kookwater sit om goed warm te word…en dan die blare op die bors pak terwyl
hulle nog warm is. Die klont sal dan sommer weg wees.
Of
Smeer die bors warm met klapperolie en sit nou ‘n kam op die klont en sit dan watte bo-op die kam en maak dan warm toe. Hou aan tot die
klont weg is.
Bloedvergiftiging
Klop die geel van 1 eier liggies en gooi dan 1 eetlepel
fyn tafelsout by en meng goed. Smeer op ‘n lappie en sit op die sweer. Dit sal
die gif gou uittrek.
Of
Gooi saam 1 botteltjie harlemensies…1 botteltjie
balsemsulfuris…1 botteltjie balsemkopiva…1 botteltjie kasterolie…bietjie rou
lynolie…bietjie lampolie en ‘n stukkie heuningwas en smelt op stadige hitte sodat
dit nie aanbrand nie. Smeer aan die sweer en maak toe.
Of
Kneus ‘n klompie wildeknoffel en kook dit dan tot sag..
maak goed fyn en meng dan met broodkrummels of meel tot ‘n smeerbare pap.
Sit dit so warm op die sweer en vervang elke 4 uur totdat die pyn en swelsel
weg is.
Of
Kook pampoen tot sag en maak dan fyn. Sit op ‘n lappie en sit op die sweer so warm as moontlik.
Bloedvintpleister.
Droë kanfer, rou reusel, balsem copiva, harmansdrup, balsem sulphurus, pain killer, en jamaika gemmer.
Blindederm
Drink op 1 dag 2 botteltjie wit dulcies uit. Drink ‘n ½ bottel op
‘n slag. Dit sal laat die blindederm uitdroog
Of
Kneus 7 knoffelhuisies goed en gooi op 1 bottel soetolie. Meng
goed en laat staan om te trek. Neem 1 eetlepelvol 3 maal per dag.
Of
Kook ‘n handvol kakiebos in ‘n bietjie water tot daar 1 koppievol
oorbly…maar moet nie langer as 15 minute kook nie. Haal van vuur af en gooi
deur ‘n skoon doek….laat nou afkoel. Drink 3 maal per dag 1 eetlepelvol …net
so…moenie iets bygooi nie.
Of
Skroei rys tot bruin…rol fyn en sit in kookwater en laat trek.
Drink dan 1 kelkievol 3 keer per dag.
BORS.(slegte bors)
1 Groot handvol wildeals
1 botteltjie pepermint druppels
1 botteltjie Borsdruppels
1½ koppie bruin suiker
Kook wildeals 10 minute. Suig deur. Kook saam met bogenoemde tot stroperig.
Drink 1 desert lepel vol 3 maal per dag.
Brandwonde:
Druk dadelik 'n blokkie ys op 'n klein brandwond of hou die brandplek onder koue water. Moenie botter of petroliumjellie aansmeer nie.
Of
Sit moskonfyt op.
Of
Lynolielappe help om die brand uit te trek.
Of
Kasterolielappe trek die brand uit
Of
Vaselien Is ook goed om die pyn te verminder en die wond te help genees
Of
Sit tandepaste op die brandplek. Die mint trek dadelik die brand uit.
Of
Smeer Vicks aan. Die Vicks verlig dadelik die brandpyn en voorkom ontsteking
Of
Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm
Pleister vir brandwonde.
Neem lynolie, kasterolie, 'n bietjie kanferbrandewyn, 6 tot 8 druppels harmansdrup en genoeg was om die pleister styf genoeg te maak om te smeer.
Of
Lynolie, roosmaryn, wilde-als en was. Braal alles saam en gooi dit deur, gooi dan kasterolie by.
Of
Bloekomplelster. Gestampte bloekomblare, 'n stukkie geel was en 'n stukkie bokvet. Braai dit uit en gooi dit deur. Voeg dan 'n bietjie soetolie en harmansdrup by.
Of
4 eetlepels geskraapte seep, 2 eetlepels room, 2 eetlepels heuning en 'n stukkie droê kanfer. Braai dit deur-mekaar.
Breuk
Smelt aluin In ,Eau de Cologne" en sit dit op.
Moenie swaar goed optel nie.
Of
Die kind moet so gou moontlik in ‘n warm bad gesit word. Lig sy bene
hoër as sy kop en druk die breuk dan terug. Draai ‘n pennie of halfkroon toe
met watte en sit op die breukplek en bind baie styf vas. Moenie dat die kind
huil nie…ander spring die breuk weer uit.
Of
Vat die persoon na ‘n soetdoringboom en skeur ‘n mik oor en trek die
persoon 3 maal deur die geskeurde stam op sy sy. Bind die tak dan styf vas
sodat dit weer kan toegroei. Sodra die tak begin toegroei…dan groei die breuk
ook toe.
Brongitis
As baba brongitis het moet jy vir hom ‘n mespunt koeksoda ingee
en dan bitter koffie gee om agterna te drink. Smeer ghries op ‘n lappie en
sprinkel goed met fyn steenkool en vou toe of sit nog ‘n lappie bo-oor..sit dit nou
op die baba se bors
Of
Braai 1 eetlepel olyfolie op ‘n stoof tesame met ‘n stukkie kamfer
omtrent so groot as ‘n halwe vuurhoutjiekop…sit by 5 druppels
wonderkroonessens en meng en drink.
Of
Kou skoon knoffel, so drie keer per dag, een of twee huisies en
sluk in.
Of
Meng 2 eetlepels heuning…1 eetlepel rou lynolie…1 teelepel
terpentyn en 1 botteltjie borsdruppels tot goed gemeng is. Gee nou vir kinders
so 3 druppels daarvan paar keer per dag in.
Of
Vat 1 eetlepel druiweasyn…1 eetlepel rou plaasheuning…1 eiergeel
en 1 eetlepelvol borsdruppels en meng baie goed. Neem 1 teelepelvol soos
nodig…maar gee vir babas net ‘n ¼ teelepelvol in.
Bysteek
Maak 'n pasta van koeksoda en water en plaas dit op die steekplek. Dit trek die gif baie vinnig uit.
Of
Verwyder die angel en smeer pypolie aan
Of
As ‘n by jou steek terwyl jy heuning uithaal…moet jy die angel afkrap
en van die vars heuning aan die plek sit.
Of
Meng asyn en sout en week ‘n lappie daarin en sit op die steekplek…
dit is baie goed. |