Terug

Luister

Thys die Bosveldklong - Ou Bobbejaan

Woorde & Musiek: Thys die Bosveldklong
1)
         C
Daar's 'n ou bobbejaan in Du Toitskloof-tonnel
       F
En hy praat op die SOS
    G
Hy slaan die lyn na die Krugerwildtuin
    F                                  C
En vind uit hoe dit gaan daar met die res

Hy't 'n oom en 'n tannie en 'n hele klomp broers 
     F
Daar bo in die Oos-Transvaal
      G
En 'n neef en 'n niggie in Skukuza
                                  C
Waar die mense jou met piesangs betaal



            C
Want vir 'n ou bobbejaan is dit duur op 'n trein
     F
Nou praat hy maar liewer oor die SOS-lyn
     G
Die mense is op die bondel, oor die aap in die tonnel
    F                C
Hy drink nog boonop wyn

Koor

      C
En hy praat en hy praat
                                G
Oor die dinge wat hom hartseer maak
                                               C
Dis oor die AWB en die ANC, die diere by die DBV
          C                 C
En hy lag ah, ah! en hy lag ah ah!
                         G 
'n Mens is 'n ding vol snert
        G                          G 
Want hy ry in kar en hy lyk nes 'n nar
        G7                  C
Net 'n bobbejaan sonder 'n stert



2)

Want as die groot ou lorries van die Kelder
Bo teen die berg uitbeur
Dan sit ou bobbejaan agterop die wa, hy gaan al die wyne deur
Hy hou van 'n Blanc-de-Blancie en 'n Cabernet Sauvignon
Maar die rooi kan jou kwes as die kelkie jou pes
En uit is 'n bobbejaan-gô

Koor


3)

Nou's daar groot konsternasie in Du Toitskloof-tonnel
En ou bobbejaan bly net praat
Die mense vat kiekies en giggel bietjies-bietjies
As Bobbejaan sy keel skoonmaak
Toe skree daar een ou:"Drie minute om!"
En ou Bobbejaan kyk vererg
Hy sluk sy wyn, hy maak klaar op die lyn
En hy loop terug na die berg

Koor x2