Tuis
Kinder Blad
Tiener Blad
Boereraat
Boeresport
Diere / Visse / Voels
Geskiedenis
- Webblad
- Persoon
- Boere
- Helde
Godsdiens
Kuns (eie blad)
Humor
Monumente
Musiek
Resepte
Onthou u nog
Skakels
Sport
Taal
Visa en immigrasie
Nuwe Projekte
Kontak Ons
Skaam Jou

 

  Geskiedenis - Webblad
 

Die webblad www.sariemarais.com het op 19 Julie 2004 die lig gesien.

Ons gesels Forum begin op 12 Julie 2004

Radio Sarie (Marais) kan op 23 Desember 2004 die eerste keer gehoor word. Die lewendige uitsendings het 28 Desember 2004 begin.

Eerste lied vir SM geskryf op 26 Februarie 2005.

Op 19 Maart 2005 het ons die mylpaal bereik om die grootste en besigste expat gesels forum te wees.

Op 10 Augustes 2006 bereik ons die 350 000 ste pos op die forums en het 400 gerigestreerde lede.

Gedurende 2007 het die forum te groot geword om alleen te hanteer en het ek besluit om die forum bestuur aan iemand anders te oorhandig, Dit het ongelukkig nie die resultaat gehad wat ek verwag het nie en die forum is gestaak. Gedurende Oktober 2007 het ons 'n nuwe forum loods. Weens my werkslas kon ek egter nie weer daarin slaag om die nuwe forum weer besig te kry nie.

Aan die einde van Maart 2008 word die nuwe webblad geloots. Die nuwe Sarie sluit in ons eie foto album, SA-Tube.net en die mark. Ek het agtergekom dat dit nie juis iets is wat gebruik word nie en het dit van die webblad af verwyder.

Nadat ek meer navorsing gedoen het en ook die inskrywings op ons gasteboek in ag geneem het, het ek besluit om die webblad groter te maak, eintlik 'n tipe van "Afrikana" te skep waar daar soveel moontlikke onderwerpe op een blad gevind kan word.

Sarie Marais 2010 is die eidproduk daarvan. Ek hoop dat u die webwerf geniet en dalk iets daaruit leer, of dalk net 'n lekker resep kry.

Soos altyd is u welkom om my te kontak met enige vrae of voorstelle.