Tuis
Kinder Blad
Tiener Blad
Boereraat
Boeresport
Diere / Visse / Voels
Geskiedenis
- Webblad
- Persoon
- Boere
- Helde
Godsdiens
Kuns (eie blad)
Humor
Monumente
Musiek
Resepte
Onthou u nog
Skakels
Sport
Taal
Visa en immigrasie
Nuwe Projekte
Kontak Ons
Skaam Jou

 

Ek het nie 'n idee waar ek die volgende gekry het, of wie dit aan my gestuur het nie. Indien dit aan u behoort kontak my asb sodat ek die nodige erkenning daarvoor kan gee.

WENKE:

AFHAAL VAN VERNIS:
Gebruik "ZEB" om ou vernis en aangepakte vuilheid van ou houtmeubels af te haal. Spuit aan en die vuilis borrel letterlik af. Vee dan dadelik af met lap en skoon water. Dit beskadig nie die hout nie en dring diep in al die groefies en krakies in.

LASTIGE VLIEë:
Vir lastige vlieë, gooi gewone asyn wat mens in kos gooi in klein bakkies of deksels en plaas dit op onooglike plekke bv bo-op yskas ens. Die suur reuk jaag die vlieë weg, al nadeel is dat dit vinnig verdamp (na 3 dae) maar bly nog steeds goedkoper as enige gifstowwe.

TEER op motors:
Haal af met Margarien of Paraffien

TERMIETE:
100 ml water
200 ml suiker
50 ml Borax
Maak een mengsel hiervan. Kleine beetjes gieten waar de mieren zijn. Zij dragen het naar hun nesten. Zie je ze er om heen staan, dat is goed. Het neemt een paar weken voordat je ziet dat het werkt. MAAR HET WERKT!! RIA

VLERMUISE:
As jy 'n skerp lig in die dak installeer en aanskakel nadat hulle uitgevlieg het , sal die lig hulle pla as hulle wil terug invlieg.

Naftaleen bolletjies (vismot gif) verdryf die vlermuise. Die belangrikste is om die gate waar hulle inkom toe te maak as hulle uit die dak is.

HAAL GOM VAN TEELS AF:
Ek het raad om ou taai gom van teëls af te haal. Ek het alles probeer, parrafien, thinners, terpentyn, spiritis, "acetone", niks wou werk nie. Behalwe goeie ou Domestos. Die jel soort en 'n pottedraad. Met 'n bietjies geskuur kom die ou gom eindelik af.

VETTERIGE VOORRUIT:
Was die ruit met Coke, Dit moet coke wees. Coke bevat Fosforsuur. Dit suur breek die vet af. Was dan die ruit na die soos gewoonlik.

ROESVLEKKE:

Al wat werk, uit eie ondervinding (Suzette) is Wynsteensuur. ‘n Bietjie saam met water op die vlek en vryf.

VLOOIE OP HONDE:

Ons het regtig baie geld spandeer aan middels om die vlooie op die honde dood te kry. Alles op die mark probeer maar sonder sukses. Hierdie eenvoudige raat het egter die probleem opgelos: Was die honde met Sunlightseep in water waarin 2 proppies Dettol opgelos is. Spoel ook af met Dettolwater.

SWART MIERE:

Ek merk dat heelwat lesers kla oor swart miertjies in en om die huis. Ek het die volgende raat gekry en moet erken dat dit werklik werk

Maak die volgende mengsel aan:

100ml water
200ml suiker
50ml Borax (kry by apteek)

Sit bietjies van die mengsel uit waar miertjies voorkom, sodat hulle dit kan nes toe dra. As mens sien hulle staan sulke kringe om die stroop, is dit 'n goeie teken dat hulle dit geniet.

Sorg dat stroop altyd beskikbaar is. Mens sien nie onmiddellik resultate nie, maar na 'n drie tot vier weke begin jy agterkom daar is nie meer miere nie. Hulle dra die stroop nes toe, voer die ander miere en koningin daarmee en die hele nes vrek uit.

Dit is 'n uiters omgewingsvriendelike lokmiddel, geen gevaar vir kinders nie, maar dodelik vir miere.

1- Kamakazi krummels (moet nie met die hand strooi nie anders is dit nie
effektief nie) Strooi ten minste een keer 'n week vir ses weke aanmekaar.

2 - Termedine (dit is glo dieselfde as wat die mense van "Pest control" gebruik
maar is baie duur - iets soos R800 vir 5 liter en daar is voorgestel dat jy met
jou bure moet praat om dit saam te koop. Dit word glo aangemaak 1 op 40)

3 - 411-kunsmis. Dit is glo baie giftig en jy moet veral oppas vir jou honde of
diere maar is glo verskriklik effektief. Die persoon wat die raad gegee het sê
dat hy sy grasperk in twee dae verloor het agv termiete en iemand het die raad
vir hom gegee en tot nou toe het hy geen termiete gehad nie en hy sê dit is al 3
jaar later. Dit klink of hy in elk geval in die begin van die somer sy gras
daarmee gooi.

4 - Dan vir die klein miertjies in die huis het ek die volgende gekry: Hierdie
kryt wat jy by die vlooimark kry. Ek weet dit werk maar dit is net 'n tydelike
oplossing tensy jy dit gereeld gebruik.

5 - Iemand sê ook dat jy moet VIM strooi of babapoeier maar moenie dit afvee as
jy skoonmaak nie.

6 - Maak "Die Ant" met water aan en spuit dit al teen die "scurtings" van jou
huis.

 

KOLLE OP MATTE EN MATERIAAL MEUBELS

4 eetlepels brandspiritus
4 eetlepels wit asyn
4 eetlepels "Scrubb's Cloudy Ammonia" [by afdelingswinkels te koop}
1 liter warm water.

Spuit met sproeikannetjie op die kol en borsel deeglik. Gestoffeerde meubels - spuit die kussings en borsel. Jy sal nie jou oë kan glo nie.


LIGSTREPE:

Skep natuurlike ligstrepe in blonde hare: vul 'n sproeibottel met twee derde koppie wodka en een derde koppie suurlemoensap. Sproei aan klam hare, gaan uit en spoel eers die aand af

TAAI RAKKE OF ANDER:

1. Ek weet LDC van Golden Products is werklik goed en dis gesond vir jou hande.

2. Gebruik gewone parrafien om die gom af te kry.

3. Die gom wat op die papier is, sal heel moontlik die verf op die kas beskadig en dit sal oorgeverf moet word. Om die papier af te haal, kan jy gewone kookolie oorsmeer en laat staan vir 'n dag of twee. Dit sal die papier laat loskom sodat jy dit kan afkrap, maar kan ook die verf beskadig.

4. Ek dink dat jy die rakke gewoonweg met Handy Andy of Sunlight Liquid moet skrop om die papier te verwyder. Om die taai af te kry, en dit werk regtig, vryf die taai kolle met Brasso en dit gaan af soos jy nie kan glo nie!! Dis amper te goed om waar te wees, maar dit werk soos 'n bom. Selfs die taai gom op 'n roomysblik se deksel word een, twee, drie verwyder.

5. Uit ondervinding weet ek dat dit help om Doom insekdoder op die gom te spuit. Dit neem die taai weg en jy kan dan die voorwerp afwas. Dit werk self vir botteltjies met papier op. Jy spuit dit net op die papier en alles kom los sonder dat dit taai bly.

6. Trek die papier af. Koop vir jou van die vloeibare meubelpolitoer. Smeer op, los 'n rukkie. Jy gaan nog 'n bietjie elbow gries nodig he om dit heeltemal af te kry, maar dit is makliker.

7. Neem jou haardoroër - blaas die kleefpapier warm tot dit maklik aftrek. Haal die laaste gomme met gewone badseep en warm water en bietjie "elbow-grease" af !!

8. Ek het met dieselfde probleem gesit en diê wenk van een van my vriende gekry. Koop genoeg blikke 'Pledge-meubel politoe' spuit redelik baie oor die area en laat vir 'n ruk. Die papier het ek dan met een van die muur messie (wat jy gebruik vir gate in die muur toe smeer) af geskrap, Op kwaai plekke sal jy dit seker so twe tot drie keer moet herhaal. Jy kan ook spitirus probeer, maar ek dink die reuk gaan jou dalk aantas!!

OM VINKE WEG TE HOU VAN PALMS AF:

Die raad wat ek gehoor is om aluin kristalle op te los en dit op die blare te spuit. My swaer doen dit en sy palms is pragtig.

Om kerswas van materiaal te verwyder Plaas 'n stuk koerantpapier bo-oor die materiaal en stryk met 'n lou yster. Die was sal dan in die papier in trek en die materiaal sal weer skoon wees.