Tuis
Kinder Blad
Tiener Blad
Boereraat
Boeresport
Diere / Visse / Voels
Geskiedenis
- Webblad
- Persoon
- Boere
Godsdiens
Kuns (eie blad)
Humor
Monumente
Musiek
Resepte
Onthou u nog
Skakels
Sport
Taal
Visa en immigrasie
Nuwe Projekte
Kontak Ons
Skaam Jou

 

SM TV
Radio Sarie
Forum
Grappe

Aai die Ingels.

‎'n Boer en 'n Engelsman het langs mekaar geboer. Dit reen 'n paar dae lank en die Boer sien die Engelsman se groot dam is baie vol en kan moontlik breek. "Ek dink jy moet hom gaan se om die sluise oop te maak sodat dit in die kleiner dam kan loop," se sy vrou, en hy maak so. 'n Rukkie later is hy terug met 'n blou oog. "En dit?" vra sy vrou. "Moenie my vra nie, toe ek hom se van die dam, toe moker hy my." "Maar wàt het jy gese?" "Ek het net gese: 'Man, you big dam full!" 

Blondie

Hoekom is daar lee bottels in die blondine se yskas ? Vir die gaste wat niks wil drink nie.

................................

Die blondine koop fanta by die kroeg en gaan sit lekker by die toonbank om dit te drink. Langs haar sit ‘n man en kap twee 50c stukke op die tafel. Dit irriteer haar later so dat sy hom vra: “Meneer, wat doen jy nou eintlik?”
“Dame, jy kan deesdae net een van 2 dinge met twee 50c stukke doen, dit op die tafel kap of daarmee bel”
“Dit is nou interessant” antwoord sy, verlore in die nuwe inligting.
Later toe die man badkamer toe gaan lê die muntstukke daar en die blond gryp dit toe sy dink hy sal haar nie sien nie.
Sy druk die een teen haar oor en met die ander een voor haar mond sê sy “Hello, hello, hello”

Sport

Wat is die kortste grap oor rugby?
WP

..................................

Pietie wil TV koop en gaan staan voor 'n groot een wat baie knoppies het.

Pietie vra die agent "waars die remote dan?" Agent se "geen remote, jy noem net die stasie en hy skakel self oor."

Pietie kan sy ore nie glo nie en se vinnig "CNN" en wragtig dis op die skerm.

Hy se "e-tv" en dit kom of die skerm.

Hy se "National Geographic" en die TV verander weer na die National Geographic kanaal.

Pietie is nou werklik ingenome en vra die agent wat kos die TV stel.

Die agent antwoord "R120 000.00 sonder BTW"

Pietie sê nonsens man .......en die highlights van die Stormers se laaste game kom dadelik op!!!

Seks

Vrou: Al waaroor jy altyd praat is seks, seks, seks en nogmaals seks. Kan jy nie oor iets anders praat nie, soos byvoorbeeld die weer?
Man: OK, wanneer het ons WEER seks?

............................................

Klein Koos se ma betrap hom in die badkamer waar hy met homself doenig is.
Ma: My kind, weet jy, jy gaan blind word as jy dit te veel doen?
Klein Koos: Ag Ma, kan ek nie maar net aanhou tot ek moet begin bril dra
nie?

........................

Ander

'n Afrikaanse hasie..... 

• Wat noem jy 'n deurskynende hasie? Spasie!
• Wat noem jy 'n hasie in 'n pyp? Blokhasie
• Hasie in die tuimeldroër? Spinhasie
• Wat noem jy 'n hasie ini hospitaal? Operhasie!
• en 'n hasie ini spur? Inspirhasie!
• en hasies wat paar? Vibrhasie!
• wat noem mens 'n hasie met GPS? Navighasie
• Wat noem mens 'n rugby hasie? Paashasie
• 'n Halwe hasie? 'n Sie
• 'n Hasie wat mond-tot-mond asemhaling toepas? Oksidhasie
• 'n Walt Disney Hasie? Animhasie
• 'n Vuvuzela Hasie? Gerhasie
• Wat noem 'n mens 'n hasie op 'n telefoon? Kommunikhasie
• Wat noem 'n mens 'n losbandige hasie? 'n Flirthasie
• wat noem 'n mens 'n hasie wat preek? 'n Kanselhasie!!!!
• wat noem jy 'n ryk hasie? Inflhasie!!
• 'n Hasie wat boer? Plasie...
• Wat noem mens 'n siek hasie? Inflamhasie
• Wat noem jy 'n hasie wat oorsee gaan?... Immigrhasie
• Wat noem jy 'n hasie met spuitpoep? Purghasie! 

Afrikaans op sy beste!!
Hy ìs so kort hy weet nie of dit keelseer of aambeie is nie.
Hy ìs so kort hy slaan tot sy onderbroek se pype om.
Hy is so skelm, hy bid onder n skuilnaam.
Ek gaan jou klap dat jy lus kry vir niks.
Ek sit nou so lekker ek staan sommer op en sit weer.
"Lang gesig soos 'n bok wat afdraand vreet."
"Drank los nie probleme op nie, maar so ook nie melk of water nie."
"Ek voel nou so goed, ek vul sommer die lottonommers verkeerd in."
"Ek is nou so lui ek trou sommer met 'n swanger vrou."
"Ondervinding is iets wat jy eers kry nadat jy dit nodig het."
"Almal kry die voorreg om onnosel te wees, net jammer party maak
misbruik daarvan."
"My vrou is so lelik, as sy op die sand sit wil die katte haar toekrap."
"Arende vlieg dalk hoog, maar ons muishonde word nooit deur 'n
vliegtuigmotor ingesuig nie."
"Die mens is op aarde geplaas om 'n sekere hoeveelheid werk te doen.
Op die oomblik is ek so ver agter ek sal nooit dood gaan nie."
"Ons kannie almal helde wees nie, iemand moet langs die pad staan en
hande klap."
"Ek glo dat as iets die moeite werd was om te doen, dan sou iemand
anders dit lankal gedoen het."
"As jy lyk soos jou paspoort-foto, dan het jy 'n reis nodig."

 

 

 

 

Francois Toerien

 

Alvin Bruinders - Wit en Swart en Bruin

Danny Pretorius - Noag se ark

Jan Spies - Afrikaans - Plaaslyn

Leon Schuster - Matriekuitslae

Nico Nel - Die sirkus leeu

 

Tolla vd Merwe - Engels pratery