
Sarie Nuus |
Kyk gerus na hierdie lied op youtube. Ek heg die woorde aan. Ek het die e pos aan almal gestuur wat ek kan ek dink ons moet werklik probeer om iets te doen om die moord en doodslag in SA te stop. Ons kinders verdien nie om so te leef nie. Ons kinders van vandag moet nie nodig hê om te sing oor moord en geweld nie. Is dit wat ons as ouers wil nalaat vir ons kinders? Ek weet nie wat ek wil bereik met hierdie e pos nie, maar ek voel ons moet iets doen. Hierdie is twee jong dogters wat uiting gee aan hulle gevoelens, moord, verkragting en roof hoort nie in 'n kind se gedagtes nie. Kom ons doen iets asb, ek weet nie wat nie, miskien 'n wêreld wye biddag vir die geweld in SA ? Is daar mense wat kan help om so iets te reel? Kom aan mense asb, baie van ons sit veilig in die buiteland en dit is maklik om ons te distansieer van die werklikheid af. Onhou hierdie lied gaan oor JOU gesin en JOU familie ook. Kyk asb na die video en kontak my as julle enige voorstelle het van wat ons kan doen. Al waaraan ek kan dink is dalk 'n biddag reel omdat die Here alleen ons sal kan help. Ek het geen verbinding tot hierdie groep, of enige van hulle musiek nie, ek het nog nooit van hulle gehoor totdat ek hierdie lied gehoor het nie. http://uk.youtube.com/watch?v=HfZ_9cr8Lew MarNet - My Wens Groete Piet |
| Radio Sarie is weer op die lug. |
Radio Sarie het weer begin uitsaaai. Hierdie keer kan ons op die net sowel as op FM gehoor word.Ons programme en struktuur is steeds dieselfde. Informele radio op sy beste, in Afrikaans. |
| Sarie se Geselsforum. |
Ons kuier steeds op ons forum en nooi u uit om by ons aan te sluit. Ons kuier saans op dieforum terwyl ons na ons eie radio stasie, Radio Sarie luister. Op die forum maak ons vriende, lag saam, help mekaar waar nodig en huil saam wanneer daar gehuil wordd, maar daar word nooit onderlangs gestry nie. Ons forum is kinder vriendelik, u kinders kan ook met gerustheid op die forum toegelaat word. Dit gee aan hulle ook die geleentheid om wêreldwyd Afrikaanse vriende te maak en aan die wat in ander lande woon die moontlikheid om steeds Afrikaans te hoor, lees en skryf. Kom besoek ons forum gerus. Klik hier om na die forum te gaan. |
| Skakels |
| Ons wil meer skakels op ons blad aanbring. Indien u, u webblad of dienste hier wil adverteer kontak ons gerus. |
Radio Sarie Bied met trots aan.......... Bill Knight. |
![]() |
|
Ek het Bill se musiek raakgeloop op You Tube en hom gekontak. Luister gerus na sy musiek daar en ook binnekort op Radio Sarie en op Sarie TV. Baie dankie vir jou hulp Bill en dit wat jy vir Afrikaans en Afrikaanse musiek doen. Welgedaan. Ek haal aan vanaf Bill Knight se webblad: Bill was born in Botswana, southern Africa and grew up with the rhythm of African music around him. In 1966 his family moved to the Cape, South Africa and Bill became "n egte Kaapenaar. |