Tuis
Kinder Blad
Tiener Blad
Boereraat
Boeresport
Diere / Visse / Voels
Geskiedenis
- Webblad
- Persoon
- Boere
- Helde
Godsdiens
Kuns (eie blad)
Humor
Monumente
Musiek
Resepte
Onthou u nog
Skakels
Sport
Taal
Visa en immigrasie
Nuwe Projekte
Kontak Ons
Skaam Jou

 

Karringmelkbeskuit Yskastert  
Pannekoek Kerrie Boontjies  
Souskluitjies Melktert  
Outydse gemmerbier Vetkoek 2  
Koppie Poeding Potbrood  
Melkkos Skaap/Beespotjie  
Vetkoek Soetkoekies  
Cremora tert Doekpoding  
Hertzoggies    
Jan Ellis Poeding

Ons forum resepteboek het ander resepte in. Dit is ons forumlede se gunsteling resepte wat hulle deur die jare op die forum gepos het. Om die boek aanlyn te lees, klik daarop. Om dit af te laai regsklik Hier en "save as". Dit is 'n PDF leer.

 

Karringmelkbeskuit (4 kg uitgedroog)  halwe resep in (hakies)
3 kg Bruismeel (1 ½ kg)
750 ml suiker (375 ml)
10 ml Sout (5 ml)
30 ml Bakpoeier (15 ml)
9 Eiers (Ekstra groot) (5)
1 Liter karringmelk (2 500ml)
750 g Margarien (375 g)
•Meng droë bestanddele. Voeg effens gesmelte margarien by. Meng deeglik tot fyn krummels.
•Klits eiers goed. Klits melk daarby en voeg by mengsel. Meng goed - knie heelwat vir beter tekstuur.
•Maak bolletjies so groot soos hoendereiers en vul 6 gesmeerde beskuitpanne (afhangende van grootte van panne).
•Bak teen 180º C vir een uur. Laat heeltemal afkoel.
•Breek in stukke en droog 4 ure in oond teen 100º C.

Pannekoek
1 kop. meelblom.
1 teel. bakpoeier.
knippie sout.
2 eiers.
1/4 kop. kookolie.
1 1/2 kop. water.
Meng alles goed. Laat staan 'n bietjie. Bak in baie min olie. Strooi kaneel en suiker oor

Souskluitjies

Bedien: 4-6 Mense
Voorbereidings Tyd: 15 min
Kook tyd: 30 min

Bestandele
2 Koppies Meel
4 Teelepels Bakpoeier
1/2 Teelepel Sout
3/4 Koppie Melk
2 Eetlepels Botter
Aanwysings
Meng die droë bestendele.
Vryf botter met vingers in die droë bestandele.
Voeg melk geleidelik by.
Skep op vleis in stoompot en stowe vir 30 min.

Souskluitjies 2

250ml meelblom
25ml botter
25ml bakpoeiers
3 eiers
125ml melk
sout na smaak
Sif droë bestandele saam. Vryf botter in. Klits eiers goed voeg melk by en klits weer. Voeg by droë bestandele en roer goed. Skep met groot lepel - 3-4cm. en gooi in water in groot kastrol. Sit deksel op en kook op matige hitte vir 8 minute. Skep in bak en strooi kaneelsuiker bo-oor. Hou die water eenkant om stroop in te maak.
SOUS
1,25 liter water
750ml suiker
1ml sout
25ml asyn
vlapoeier
25ml botter
25ml kaneel
kruienaeltjies
125ml soetwyn
Meng al die bestandele goed. Kook saam en verdik met vlapoeier. Voeg die soetwyn laaste by en gooi oor kluitjies. Bedien warm.

 

Outydse gemmerbier

Bestanddele

1 kg Suiker
6 liter Water
75 g fyn Gemmer
5 Suurlemoene
2 t Brouersgis
1 Snytjie roosterbrood. (Ja, ek het nie ‘n fout gemaak nie.)

Metode

Kook die suiker, gemmer en water vir 'n uur. Wanneer die stroop afgekoel het, voeg suurlemoensap sowel as die dun afgesnyde skil van die suurlemoen by.
Sit die gis op die roosterbrood en plaas dan die roosterbrood op die watermengsel. Laat gis nou vir so twee tot drie dae.
Gooi dan die gemmerbier deur ‘n gaasdoek. Bottel en bêre in die yskas.

KOPPIE POEDING

80ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
30ml suiker
25g botter
30ml melk
1 eier
30ml gouestroop of konfyt

*Smeer 2 grrot koppies goed met botter.
*Sif die droe bestandele saam.
*Smelt die botter sowat 1 min lank in die mikrogolfoond en voeg die melk en eier by.
*Meng goed en voeg by die droe bestandele. Meng tot glad.
*Skep helfte van die stroop in elke gesmeerde koppie en skep ook helfte van beslag in elke koppie.
*Bedek liggies met kleef plastiek en mikrogolf 2 min lank op 100% krag .
*Laat sowat 5 min lank staan en keer dan uit op ‘n bord.
*Dien op met vla indien verkies.
*Genoeg vir 2 mense.

Melkkos

10 ml bakpoeier
7 koppies melk
3 eiers (geskei)
200 ml koekmeelblom
2 ml sout
50 ml gesmelte botter
50 ml suiker
kaneelsuiker om bo-oor te strooi

1. Sif bakpoeier, meel en sout saam.
2. Klits 1 koppie melk saam droë bestanddele tot pasta.
3. Klop botter by pasta in.
4. Klits eiergele en suiker saam en sit by pasta.
5. Sit bietjie warm melk by pasta.
6. Meng pasta stadig in kookmelk in.
7. Kook tot gaar en laat effens afkoel.
8. Klits eierwitte styf en vou in.
9. Dien op met kaneelsuiker.

Vetkoek

1 pakkie bruismeel
2 eiers (goed geklits met 'n bietjie water)
'n knypie sout
Water indien deeg te styf is. (die deeg moet die struktuur he van brooddeeg - dit moet styf genoeg wees dat jy lekker bolletjies kan rol met jou hande)

Meng meel met eiermengsel. Voeg water by tot deeg reg is - nie te slap nie.
Bak stadig in warm olie

Cremora tert

1 pakkie (200g) Tennis beskuitjies
100 ml botter gesmelt
250 ml Cremora
250 ml kook water
125 ml suurlemoensap
1 blikkie (397 g) kondensmelk

Besput ‘n tertbord van 25 cm in deursnee met kleefwerende kossproei of smeer goed.
Maak die beskuitjies fyn en meng met die gesmelte botter en voer die terbord uit daarmee.
Meng die Cremora en kookwater saam in ‘n mengbak. Voeg die suurlemoensap en kondensmelk by en klits tot effens verdik. Giet die mengsel in die voorbereide kors en verkoel tot die mengsel stewig is

Hertzoggies

1 k botter
3 k meelblom
1/2 t sout
3/4 k suiker
2 t bakpoeier
1 k klapper
1/2 k fyn suiker
4 eiers

Sif meelblom, sout en bakpoeier saam en voeg suiker by. Sny en vryf die botter in. Meng met goedgeklopte eiergele sodat die deeg uitgerol kan word. Druk af en voer klein vormpies hiermee uit. Plaas in elk 'n bietjie appelkooskonfyt. Klop eierwitte droog, voer klapper en strooisuiker by. Sit bietjie bo-oor konfyt Bak in warm oond 190 - 205 C ( 375 - 400 F) tot gaar. 

Jan Ellis poeding

1 1/2 kop. bruismeel.
2 eiers.
2 eetl.appelkooskonfyt.
1/2 kop. melk.
1/2 kop. suiker.
1 teel. koeksoda.
2 eetl. sagte botter.
1/4 teel. sout.
Los koeksoda in melk op. Meng al die ander bestanddele. Roer melk en koeksoda by en meng baie goed. Bak 30 minute in matige oond.

Stroop:
1 kop. kookwater.
1 kop. room.
1 teel. vanilla.
1 kop. botter.
1 kop. suiker.
Gooi alles in kastrol en bring tot kookpunt. Gooi warm sous oor poeding wanneer dit uit die oond kom. Bedien warm of koud.

Yskastert


1 pak Tennis beskuitjies
2 sakkies Orley Whip
sjokolade versiersuiker
sterk, swart koffie - koud


Week beskuitjies vinnig in koue koffie. Dan dun lagie versiersuiker en dan lagie room.
Rasper Peppermint Crisp oor elke lagie room.
Boonste laag room. Versier met vermicilli of peppermint crisp.

Kerrie Boontjies

1 kg groenbone gekerf
2 uie, in ringe gesny
375 ml hoenderaftreksel
2 knoffelhuisies, fyngedruk
250 ml asyn
¼ koppie suiker
5 ml sout
5-10 ml kerriepoeier
knippie rooipeper
15 ml mielieblom gemeng met bietjie water

Plaas die groenboontjies, uie, hoenderaftreksel en knoffel in 'n middelmatige swaarboomkastrol en laat ongeveer 10 minute sonder die deksel vinnig kook tot net gaar.
Meng die asyn, suiker, sout, kerrie en rooipeper.
Voeg by die boontjies en laat net opkook.
Verdik met bietjies-bietjies mielieblom tot die mengsel mooi bind. Laat afkoel en bottel.

Melktert

Kors
1 en 1/4 koppie meelblom
3 teelepels bakpoeier
Knippie sout
1/4 koppie suiker
1/4 lb botter
1 eier
1/4 koppie melk

Meng alles saam en plaas in 'n gesmeerde tert pan.

Vulsel
1 eetlepel hoogvol maizena
2 eiers (geskei)
3 koppies melk
4 eetlepels suiker
1 eetlepel meelblom hoogvol
1 eetlepel botter
knippie sout
1 teelepels vanilla

Kook en voeg geklopte eier wit laaste by. Bak om-en by 20 minute (Matige oond). Strooi kaneel suiker bo-op sodra dit uit die oond kom. Laat afkoel.


Vetkoek


Bestanddele
500 ml lou water
10 ml suiker
10 ml droëgis
250 ml (5 x) meelblom
10 ml sout
25 ml olie

Metode
Roer suiker in lou water en gooi gis by.
Laat rys tot gis bo dryf.
Sif meelblom en sout saam.
Voeg olie by gis, meng met meelblom en knie goed.
Laat rys vir 50 minute.
Maak op in vetkoeke.
Plaas op oliegesmeerde blad.
Sit plastiek oor en laat weer vir 20 min rys.
Bak in warm olie.

Potbrood

BESTANDDELE:

Volkoringmeel, 6 koppies.
Koekmeel, 3 koppies.
1 Koevertjie droë gis.
Suiker, 20ml.
Sout, 10ml.
Kookolie, 60ml.
Asyn, 20ml.
Sonneblomsaad, 1 koppie.
Lou-warm Water, 700ml.


METODE:

Meng die droë bestanddele saam, en voeg die asyn en genoeg lou-warm water by, om 'n slap deeg te vorm wat aan jou hande vaskleef. Voorverhit oond tot 80 grade Celsius.

Smeer 'n groterige platboom ysterpot goed met die olie, die binnekant van die deksel ook. Plaas die deeg in die pot, en sit die pot in die oond vir 25 minute om te rys.

Haal nou die pot uit, en verhit die oond tot 180 grade. Bak nou vir een uur. As sy hom daar uithaal, sal haar skoonma dink sy is die wonderlikste mens op aarde.

As alternatief sit jy die pot op 'n paar kole by jou vuur, en pak ook 'n paar kooltjies op die deksel. Bak vir 'n uur, maar kyk gereëld of die kooltjies nog hou. Pasop vir te veel kole.
 

Skaap/Beespotjie

2 Kilogram sagte vleis in blokkies gesny. Die vleis is jou keuse. Wat baie lekker is, is heel skaap skenkels. Moet net nie goedkoop snitte vat nie want dan gaan jy baie teleurgesteld wees.
Groente in blokkies gesny (net wat jy van hou)
10 babaaartappeltjies.
2 blokkies vleisaftreksel
2 teelepels pietersielie-droog
1 teelepel mostertpoeier
2 teelepels Aromat
1 teelepel Oregano
2 eetlepels worcestersous
2 eetlepels tamatiesous
1 knoffeltoontjie geskil
Olie
Meel
250g Sampioene
Maak potjie warm en smeer met olie en knoffeltoontjie. Rol vleis in meel en braai vleis in olie tot bruin gooi vleisekstrak wat opgelos is in 1 liter water by. Kook stadig tot sag. Pak dan jou groente bo-op MAAR moenie roer nie. Eerste die aartapels en wortels dan die groentes wat gouer gaar word. Laaste die sampioene. Kook tot amper gaar. Meng al die ander bestandele in bietjie water en gooi oor. Moenie roer nie. Sit deksel op en kook vir nog 15 minute. Bedien saam met rys of stampmielies en ´n groen slaai. Die sous kan verdik word indien nodig - met mielieblom.

Soetkoekies

8 x 250ml Meelblom
500ml suiker
125ml botter
125ml sagte vet
2 eiers
3ml sout
8ml koeksoda
10ml kremetart
5ml fyn naeltjies
10ml fyn kaneel
5ml gerasperde suurlemoenskil
200ml water of soetwyn
Sif droë bestandele saam Voeg suiker by en meng goed. Vryf botter en vet in met vingers tot die mengsel soos broodkrummels lyk. klits eiers goed en voeg 25ml van vloeistof by. Voeg by droë mengsel en meng tot sagte deeg. Voeg nog vloeistof by indien nodig. Knie goed en laat ± 1 uur of langer staan- in koel plek. Rol uit en bak vir 15 minute - 200°C.

Doekpoeding

1½ koppie suiker
1 koppie botter
3 eiers
2 eetlepels appelkooskonfyt
4 koppies meelblom
1 teelepels elk naeltjies (fyn), kaneel, gemmer ensout
3 teelepels koeksoda
1 koppie elk sultanas, korente, versuikerde skil, pitlose rosyne en melk
¼ koppie warm water, afgekoel
2 eetlepels brandewyn
Sif meelblom,nealtjies, gemmer, kaneel en sout saam. Klop suiker en botter tot room. Voeg dan eiers een vir een by en klop goed. Voeg appelkooskonfyt by. Meng koeksoda met melk en voeg by bottermengsel. Voeg vrugte en droë bestandele by bottermengsel en meng beurtelings met melk en water. Voeg brandewyn by mensel en roer goed. Maak groot doek klam en bestrooi met meelblom. Skep mengsel daarop in die middel, laat bietjie ruimte toe vir rys, en bind goed vas. Sit ´n ou piering in kastrol met kokende water en sit poeding in. Kook vir ongeveer 4 uur. Kyk dat water nie droog kook nie. Voeg KOKENDE water by indien benodig. Bedien met brandewyn sous.
Brandewynsous:
750ml kookwater
2 stukke gemmer -vars- gekneus
2 stukke pypkaneel
4 naeltjies
1 lemoen se skil
250ml suiker
25ml mielieblom
knippie sout
25ml brandewyn
Kook water, speserye en lemoenskil stadig saam totdat wat gegeur is. Syg deur en gooi water terug is kastrol. Meng suiker, mielieblom en sout en voeg bietjie warm gegeurde water by en meng tot glad. Gooi die mensel by gegeurde water en kook dan alles saam tot sous dik en gaar is. Dit neem ongeveer 3 minute. Voeg brandewyn by net voor opdiening.