Tuis Tuis Blad
Kyk TV
Programme
Skakels
Kontak
  Nog 'n eerste vir Sarie Marais. Com !  
 

Eers het Sarie Marais. Com 'n Afrikaanse gesprek forum begin, die forum het vinnig gegroei tot die grootste en besigste expat forum op die net.

Daar het dit nie gestop nie, Radio Sarie is geskep. Die eerste Afrikaanse internet radio stasie wat van omroepers gebruik gemaak het. Vandag is daar baie, almal van hulle het in Sarie Marais.Com en Radio Sarie se voetspore gevolg.

Steeds stop ons nie daar nie.

Sarie tv is op die 20ste September 2008 geloods. Weer 'n EERSTE !

Sarie tv is die eerste Afrikaanse internet tv kanaal. Daar bestaan wel 'n ander kanaal, maar hulle is gebieds gebonde en 'n betaal kanaal. Soos met al ons dienste lewer ons ook ons tv kanaal gratis aan ons kykers.

Ons doen dit om Afrikaans en ons tradisie te bevorder.

Ons sĂȘ dit in Afrikaans !

 
 
Sarie tv Se Doel
 
  Om ons taal, kultuur en geskiedenis te bevorder.  
 
Dag
Tyd
Program
Beskrywing
Vrydag 10 Okt 7 nm Musiek Program. Jy vra die video aan ek ek speel hom as ek hom het. Natuurlik slegs Afrikaanse musiek !
Saterdag 11 Okt 3 nm Leeus tn Natal Regstreekse Currie beker Semi finale uitsending met Afrikaanse kommentaar.
Saterdag 11 Okt 5 nm Bulle tn Vrystaat Regstreekse Currie beker Semi finale uitsending met Afrikaanse kommentaar.
       
  Ons is nog in die begin stadium van Sarie tv, ons beoog om binnekort meer programme te kan aanbied en om elke dag uit te saai.  
 

Sarie TV Bied met trots aan.......... Bill Knight.

 

Ek het Bill se musiek raakgeloop op You Tube en hom gekontak. Luister gerus na sy musiek daar en ook binnekort op Radio Sarie en op Sarie TV. Baie dankie vir jou hulp Bill en dit wat jy vir Afrikaans en Afrikaanse musiek doen. Welgedaan.

Ek haal aan vanaf Bill Knight se webblad:

Bill was born in Botswana, southern Africa and grew up with the rhythm of African music around him. In 1966 his family moved to the Cape, South Africa and Bill became "n egte Kaapenaar.

 
Kyk TV Program Rooster Web Skakels Kontak Ons