Teken asb ons gasteboek


Meer oor ons

Die webblad is nou selfoon vriendelik.

Welkom by Sariemarais.com 2020

(Omdat die webblad so groot is maak baie skakels in hulle eie blad oop)

Welkom by Sarie 2020. Na nog 'n paar jaar se navorsing en bou is ek uiteindelik gereed om die nuwe webblad op te laai. Omdat die webblad so groot is maak baie van die afdelings in hulle eie vensters, of afsonderlikke webblaaie oop.

Die webblad www.sariemarais.com het op 19 Julie 2004 die lig gesien.

Ons gesels Forum begin op 12 Julie 2004

Radio Sarie (Marais) kan op 23 Desember 2004 die eerste keer gehoor word. Die lewendige uitsendings het 28 Desember 2004 begin.

Lees gerus meer oor die webblad se geskiedenis onder die Geskiedenis deel.

Baie dankie aan almal wat inligting, resepte ens gestuur het. Indien u enige spel, of ander foute sien Kontak my asb sodat dit reggestel kan word.

1) Die doel van hierdie webblad is om Afrikaans te bevorder en om die Suid Afrikaanse en Boere / Afrikaner kultuur te geniet en met ander te deel.

2) Om ons verlede te onthou.

3) Om ons kinders, veral die wat in die buiteland woon, van ons taal, geskiedenis en kultuur bewus te maak en hulle trots te maak op wie en wat hulle is.

4) Om praat, skryf en lees in Afrikaans te stimuleer.

5) Om Suid-Afrikaners bymekaar te bring waar ookal in die wêreld, saam te lag, dans, speel, help en huil wanneer nodig.

6) Ons Geselsforum is kindervriendelik en ons kinders hou dus met mekaar kontak terwyl hulle by hulle maats leer van hoe dit regtig is om in 'n ander land te woon, terwyl hulle  in Afrikaans skryf, lees en praat.

Radio Sarie

Radio Sarie was die eerste Afrikaanse internet radio stasie wat gebruik gemaak het van lewindige uitsendings en ook omroepers gebruik het. Daar was wel ander stasies waar daar na musiek geluister kon word, soos Radio Kierieman. Die eer vir die eerste Afrikaanse radio stasie kom hulle dus toe.

Radio Sarie se omroepers is wêreldwyd versprei en sorg vir die puik programme wat daagliks gehoor kan word.

Die radio word gebruik as ekstra vermaak saam met die gesels op ons forums. Die omroepers is dan ook in kontak, en gesels saam op die forums terwyl hulle die program aanbied, alles word dus saamgevlans ineen groot bondel pret.

Daar is daagliks meer en meer Suid Afrikaanse kunstenaars en plate maatskapye wat hulle gewig agter ons gooi en help bou aan Sarie Marais. Com en Radio Sarie. Kyk gerus na Radio Sarie se blad vir meer inligting.

Die nuwe Radio, en gesels Forum.

Ek het die forum en radio 'n jaar of wat gelede gestaak om my kans te gee om hierdie webblad klaar te bou, ons begin dus nou van voor af om die forum en radio stasie op te bou, kom sluit gerus by ons aan en deel in die pret.

musiek en feeste

Ons eie plate maatskappy. Dit was eers bekend as Sarie Marais Records, maar het in 20119 'n naamsverandering ondergaan en staan nou bekend as Dog Box Records. Ons werk veral met nuwwe kunstenaars en help hulle om hul voet in die deur te kry.

Ons het ons eie volledige opname ateljee en werk ook saam met ander ateljees in Engeland en Suid Afrika.

As deel van Dog Box Records reel ons dan ook optredes vir die kunstenaars, hetsy by besighede, of feeste wat ons of self reel, of saam met ander feeste werk.

Ons maaak ook video opnames van die optredes, asook die neem van foto's vir publisiteit.

 

ONS "CHARITY

Ons eie welsyns afdeling bestaan al vir jare en word slegs deur my gesin gefinansier. Ons het nog nooit vir enige donasies gevra nie. Sarie Marais.Com en al die afdelings van hierdie webblad borg mekaar en indiien enige finasies ingevorder word deur verkope dan word die geld teruggeploeg hierin.

Winkel

Sarie se winkel is nog 'n projek vir 2020. Dit sal ons help om alles te betaal en is ook die hoof borg van ons projekte. Ons gaan die winkel in 2020 loods.

gODSDIENS

Gesels Forum

Lees Die Bybel Aanlyn

KONtak